Ek het jare lank gedroom en gebid vir n man soos jy.
N man wat my verstaan en laat voel so vry
Ek het jare lank gesmeek vir God ons Vader
Om lemand soos jy na my toe te nader
Ek het jare lank gewens vir my eie sprokies verhaal
En vir jare lank met daardie wens rond gedwaal
Ek het tevergeefs moed verloor
"Dit gaan nooit gebeur"' moes ek telkemale hoor
Ek het op gegee en verdwaal in die pyn en seer
Wat kamtige liefde my met beheer
Ek het aanvaar dat liefde seer maak
En dit het soveel hartseer ontwaak
Toe daag jy op net toe ek finaal op gegee het
Jy het alle negatiwiteit belet
Jy het my laat sing en lag
En niks in verruil verwag
Net vir jou wil ek elke dag die beste weergawe van myself wees
Ek wil elke dag net vir jou lewe met n helderder gees Ek wil jou op my hande dra en vereer vir wat jy vir my beteken
Ek wil elke situasie en omstandighede vir jou net verbeter
Jy het soveel opsigte In my lewe beter en gelukkiger gemaak
Ek wil vir jou net lewe en vir jou In duisternis waak
Ek wil vir jou baklei. Vir jou koffie aandra
Sonder dat jy eers voel jy moet vra
Ek wil al jou wense laat waar word
En my onverklaarbare liefde oor jou uit stort
Elke dag wil ek deel met jou En my hande en arms om jou vou
Ek wil elke sekond my borrelende liefde aan jou bevestig
En elke oomblik net by jou wees, heel rustig
Ek gee jou my word
Ek sal jou nie teleurstel op enige akoord
Jy is my geluk, liefde en my veilige plek
Ek sal nooit van jou maak n gek.
Jy is my lief, my manlief, my koning
Jou liefde is vir my n helse betowering
Jy is my sprokies verhaal
Jy is my droom en gebede verhoor
Jy Is my liefdestaal
Jy Is my engele koor |